.jpg)
Onder die Son
Hier kuier ons in Afrikaans. Ons praat oor alles onder die son ... wel amper alles. Ons gesels oor amper enigiets ... van depressie, gesondheid, huwelike, verhoudings, tiener-wees en allerhande dinge wat in die lewe gebeur. Want die lewe gebeur ... en hoe kom ek daardeur. Dit beteken dat ons dalk oor onderwerpe gesels waarmee jy nie saamstem nie of wat jou dalk gaan ontstel. As dit dit onder die son is ... praat ons daaroor. Kontak my as jy aan 'n onderwerp kan dink wat jy graag hier wil hoor. deonholt @ gmail.com (verwyder die spasies voor en na @)
Episodes
12 episodes
episode #11 - Ek is 'n rehabiliterende alkoholis
April is bewusmakingsmaand van alkoholDit is nie nuus dat die misbruik van alkohol 'n groot probleem vir die openbare gesondheid is nie. In werklikheid is dit die derde grootste oorsaak van voorkombare dood in die Vere...
•
Season 2
•
Episode 0
•
41:08

Episode #10 - Hoe verstaan ek die wil van God en gebeur slegte goed met goeie mense!
Vandag gesels ek, Deon Holtzhausen, met Ds braam Klopper van die NG Gemeente Kempton Park-Oos oor God se wil.Waarom gebeur daar slegte goed met goeie mense en mens wil amper uitroep (net) goeie goed met slegte mense. Hoe moet ek God se wil ...
•
Season 1
•
Episode 0
•
31:31

Episode #9 - God het nie robotte gemaak nie
In hierdie week se episode gesels ek weer met Ds Braam Hanekom. Ons gesels oor of en hoe mens 'n liefdevolle God met die verskriklikste rampe kan versoen. As God dan almagtig, alwetend en alomteenwoordig is, waarom stop hy nie rampe nie!? Hoe k...
•
Season 1
•
Episode 0
•
30:15

Episode #8 - My kind is gay
Vandag gesels ons oor nog 'n moeilike onderwerp - My kind is gay.Ons hoor al meer van gesinne waarin een van die gesinslede gay is en ek voel ons moet daaroor praat. In Amerika, om een te noem, is daar ondersteuningsgroepe vir gesinne e...
•
Season 1
•
Episode 0
•
19:00

Episode #7 - Is ons strepies getrek en het God 'n wil vir alles in ons lewens?
Is ons strepies getrek en die dag en datum van ons geboorte en sterfte vooruit bepaal?Baie mense vind troos daarin ... ander verskil heeltemal met so stelling.Ek en Braam gesels vandag hieroor.Jy kan met Braam kontak maak deur s...
•
35:10

Episode #6 - Die ontkende rou na 'n miskraam of stilgeboorte
Welkom by Onder Die Son.Vandag gesels ons oor een van die seerste van al die roue asook die feit dat dit die mees miskende verlies is van alle verliese.Ons gesels oor die verhale van mense wat hierdie pad gestap het. Statistiek sê dat 2...
•
Season 1
•
Episode 0
•
35:24

Episode #5: Hoe lyk rou anders na iemand se selfdood?
In hierdie episode gesels ek en Ds Braam Klopper oor 'n ander soort rou. Dit is die rou na iemand sy/haar eie lewe geneem het.Ons hoor dat hierdie rou heeltemal anders is as ander rou. Een van die redes is omdat dié wat agterbly, met 'n...
•
Season 1
•
Episode 0
•
33:28

Episode #4: Mans en Vroue rou verskillend
Baie welkom. In hierdie uitgawe gesels ek en Ds Braam Klopper oor die feit dat mans en vroue beslis verskillend rou. Dit is ook so dat vroue dikwels die man daarvan beskuldig dat hy nie rou nie en nie emosie wys nie.Aansluitend hiermee is d...
•
Season 1
•
Episode 0
•
30:55

Episode #3: My kind is dood en ek is verpletterd ...
In hierdie episode gesels Ds Braam Klopper oor ouers wat rou na die dood van 'n kind. Hierdie kan ook die dood van volwasse kinders wees en nie alleenlik die dood van kinders wat nog in die huis of op skool is nie.Ons hoor dat die dood van ...
•
Season 1
•
Episode 0
•
23:42

Episode #2 - Hoe lyk dit wanneer iemand treur?
Ek gesels weer met Ds Braam Klopper wat spesialiseer daarin om mense te ondersteun wat rou en hoe om op te staan na die dood van 'n geliefde.In die vorige episode het ons gesels oor hoe ons iemand ondersteun wat rou na die dood van 'n gelie...
•
Season 1
•
Episode 2
•
39:40

Hoe ondersteun ek iemand na die dood van 'n geliefde?
Ons almal was al in rou of was naby iemand wat in rou is. Vir sommiges kom ondersteuning makliker as vir ander. Die kans is daar dat ons iemand, met die heel beste bedoelings, verkeerd ondersteun het of dalk iets verkeerd gesê het.In on...
•
Season 1
•
Episode 1
•
29:36
