Onder die Son

Episode #8 - My kind is gay

Deon Holtzhausen Season 1 Episode 0

Vandag gesels ons oor nog 'n moeilike onderwerp - My kind is gay.

Ons hoor al meer van gesinne waarin een van die gesinslede gay is en ek voel ons moet daaroor praat. In Amerika, om een te noem, is daar ondersteuningsgroepe vir gesinne en persone wat gay/lesbies in.

Ek het die voorreg gehad om met Frans te gesels oor sy seun wat gay is. In die onderhoud is beide sy seun en sy vrou se name nie hulle regte name nie.

In Suid-Afrika is daar onder andere die volgende groepe:

Ons gaan probeer om volgende week te gesels met iemand wat self gay is.

My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.

Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.

Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.

Jy kan my hier per epos kontak.

People on this episode