
Onder die Son
Onder die Son
Episode #7 - Is ons strepies getrek en het God 'n wil vir alles in ons lewens?
Is ons strepies getrek en die dag en datum van ons geboorte en sterfte vooruit bepaal?
Baie mense vind troos daarin ... ander verskil heeltemal met so stelling.
Ek en Braam gesels vandag hieroor.
Jy kan met Braam kontak maak deur sy webblad, www.braamklopper.co.za of telefonies by 082 882 8474.
Jy kan sy boeke en Audio-reeks oor rou ook by hom aankoop.
My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.
Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.
Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.
Jy kan my hier per epos kontak.