Onder die Son

Episode #3: My kind is dood en ek is verpletterd ...

Deon Holtzhausen Season 1 Episode 0

In hierdie episode gesels Ds Braam Klopper oor ouers wat rou na die dood van 'n kind. Hierdie kan ook die dood van volwasse kinders wees en nie alleenlik die dood van kinders wat nog in die huis of op skool is nie.
Ons hoor dat die dood van 'n kind vir ouers die ergste van alle seer is en vir Ma's baie meer intens is as vir Pa's. Braam help ons om hierdie te verstaan.

Indien jy voorstelle het vir toekomstige programme, stuur jou voorstelle na Deon toe by:
deonholt@gmail.com

Onthou dat jy vir Braam direk kan kontak. Jy kan 'n afspraak maak, sy boek koop of een van die CD's ... alles sommer direk by hom.
Sel: +27 (0)82 574 3530
NG Kerk Kempton Park Oos
Tel: +27 (0)11 979 1415
info@braamklopper.co.za
www.braamklopper.co.za

My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.

Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.

Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.

Jy kan my hier per epos kontak.

People on this episode