Onder die Son

Episode #5: Hoe lyk rou anders na iemand se selfdood?

Deon Holtzhausen Season 1 Episode 0

In hierdie episode gesels ek en Ds Braam Klopper oor 'n ander soort rou. Dit is die rou na iemand sy/haar eie lewe geneem het.

Ons hoor dat hierdie rou heeltemal anders is as ander rou. Een van die redes is omdat dié wat agterbly, met 'n magdom vrae gelaat word. Baie voel skuldig. Kon ek dit keer? ek moes dit lankal sien kom het! As ek maar net meer geluister het!

Ons praat ook oor hoe mense teologies, geestelik op selfdood reageer. Ons hoor dikwels dat mense dadelik sê na iemand se selfdood dat hulle nie meer gered is nie ... hulle redding as't ware verloor.

Indien jy voorstelle het oor onderwerpe Onder Die Son waaroor jy wil hê ons moet gesels, stuur asseblief vir my epos deur hierop te klik. Ek verwelkom altyd briewe.

Jy kan met Braam kontak maak deur middel van sy webblad waarop al sy kontakbesonderhede op is.
braamklopper.co.za

My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.

Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.

Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.

Jy kan my hier per epos kontak.

People on this episode