Onder die Son

Episode #2 - Hoe lyk dit wanneer iemand treur?

Deon Season 1 Episode 2

Ek gesels weer met Ds Braam Klopper wat spesialiseer daarin om mense te ondersteun wat rou en hoe om op te staan na die dood van 'n geliefde.
In die vorige episode het ons gesels oor hoe ons iemand ondersteun wat rou na die dood van 'n geliefde. In hierdie episode, gesels ons oor hoe treur 'n mens. Is daar regte of verkeerde maniere van rou? Hoe lank rou mens? Lyk almal se rouproses dieselfde?

Hy het al 'n boek hieroor geskryf asook 'n reeds CD's uitgebring.
Boek: Wanneer Woorde Ontbreek
CD-Reeks: Gesprekke oor Rou

Die boek is beskikbaar by Lux Verbi @ R200 per sagtebandkopie.
Jy kan die boek asook die Cd'd direk by Braam bestel:
BESTELLINGS
Bestellings kan geplaas word direk by Braam Klopper, per e-pos (info@braamklopper.co.za) of op die volgende telefoonnommer 082 574 3530.

Sluit asb. die volgende inligting by u bestelling in:

  • Naam en Van
  • Adres
  • Naam en kwantiteit van CD/CD's

In ons volgende episode gesels ons oor mans en vroue wat verskillend treur.

My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.

Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.

Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.

Jy kan my hier per epos kontak.

People on this episode