Onder die Son

Episode #6 - Die ontkende rou na 'n miskraam of stilgeboorte

Deon Holtzhausen Season 1 Episode 0

Welkom by Onder Die Son.
Vandag gesels ons oor een van die seerste van al die roue asook die feit dat dit die mees miskende verlies is van alle verliese.
Ons gesels oor die verhale van mense wat hierdie pad gestap het. Statistiek sê dat 25% van alle swangerskappe eindig in 'n miskraam binne die eerste drie weke.

Tot van ons vriende miskrame gehad het, het ek en Anneke gedink dat dit baie skaars is. Ons was verkeerd, Hierdie mense het netsoveel ondersteuning nodig. Dit bly steeds 'n lewe, 'n droom ... 'n wonderwerk wat af gebid is ... en nou nie meer daar is nie.

Kuier saam met ons.

Onthou asseblief om hierdie potgooie met vriende, familie en sommer die wêreld te deel.

Jy kan steeds vir Braam kontak by info@braamklopper.co.za as jy dalk 'n afspraak wil maak of 'n boek of die CD's (wat elektronies aan jou gestuur word) te bestel.

Kyk mooi na jouself ,,, en dié rondom jou ook.

My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.

Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.

Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.

Jy kan my hier per epos kontak.

People on this episode