Onder die Son

episode #11 - Ek is 'n rehabiliterende alkoholis

Deon Holtzhausen Season 2 Episode 0

April is  bewusmakingsmaand van alkohol


Dit is nie nuus dat die misbruik van alkohol 'n groot probleem vir die openbare gesondheid is nie. In werklikheid is dit die derde grootste oorsaak van voorkombare dood in die Verenigde State. Volgens die Nasionale Raad vir alkoholisme en dwelmafhanklikheid sterf daar jaarliks ​​95,000 15 mense in die Verenigde State weens die gevolge van alkohol. NIAAA (Nasionale Instituut vir alkoholmisbruik en verslawing) beskryf alkoholmisbruik as 'n verswakte vermoë om die gebruik daarvan te stop, ondanks gevolge.

Ek gesels met 'n jong Ma wat in haar vroeë 20's reeds in alkohol se greep beland het. Sy praat hier oor hoe sy daar beland het, haar rehab hier in Suid-Afrika en haar pad vorentoe.

Hier is meer inligting oor alkoholmisbruik in Afrikaans
https://welstand.solidariteit.co.za/die-harde-werklikhede-van-alkoholmisbruik-ons-land-en-ons-huise/

My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.

Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.

Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.

Jy kan my hier per epos kontak.

People on this episode