Onder die Son

Episode #10 - Hoe verstaan ek die wil van God en gebeur slegte goed met goeie mense!

Deon Holtzhausen Season 1 Episode 0

Vandag gesels ek, Deon Holtzhausen, met Ds braam Klopper van die NG Gemeente Kempton Park-Oos oor God se wil.
Waarom gebeur daar slegte goed met goeie mense en mens wil amper uitroep (net) goeie goed met slegte mense. Hoe moet ek God se wil verstaan?

Braam verduidelik 'n perspektief wat vir ons 'n effense lig werp om God se wil te verstaan. Hy verduidelik dit aan die hand van 6 sirkels wat oormekaar lê.

Jy kan vir Braam kontak by:
www.braamklopper.co.za of telefonies by
Sel: +27 (0)82 574 3530
NG Kerk Kempton Park Oos
Tel: +27 (0)11 979 1415
info@braamklopper.co.za

Laat weet my asseblief indien daar ook ander onderwerpe is waaroor jy wil hê ons moet gesels: deonholt@gmail.com

My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.

Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.

Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.

Jy kan my hier per epos kontak.

People on this episode