
Onder die Son
Onder die Son
Episode #4: Mans en Vroue rou verskillend
Baie welkom. In hierdie uitgawe gesels ek en Ds Braam Klopper oor die feit dat mans en vroue beslis verskillend rou. Dit is ook so dat vroue dikwels die man daarvan beskuldig dat hy nie rou nie en nie emosie wys nie.
Aansluitend hiermee is daar 'n paar nuwe dinge wat ons hoor oor die rouproses van mans en vroue.
Indien daar onderwerpe is waaroor jy dink ons moet gesels, kontak my gerus by deonholt@gmail.com
Jy kan vir Ds Braam kontak by:
Sel: +27 (0)82 574 3530
NG Kerk Kempton Park Oos
Tel: +27 (0)11 979 1415
info@braamklopper.co.za
My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.
Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.
Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.
Jy kan my hier per epos kontak.