Onder die Son

Hoe ondersteun ek iemand na die dood van 'n geliefde?

Deon Season 1 Episode 1

Ons almal was al in rou of was naby iemand wat in rou is. Vir sommiges kom ondersteuning makliker as vir ander. Die kans is daar dat ons iemand, met die heel beste bedoelings, verkeerd ondersteun het of dalk iets verkeerd gesê het.

In ons bekendstellingsepisode gesels ek met Braam Klopper, predikant in die NG Gemeente Kemptonpark-Oos. Hy het al 'n boek hieroor geskryf asook 'n reeds CD's uitgebring.
Boek: Wanneer Woorde Ontbreek
CD-Reeks: Gesprekke oor Rou

Die boek is beskikbaar by Lux Verbi @ R200 per sagtebandkopie.
Jy kan die boek asook die Cd'd direk by Braam bestel:
BESTELLINGS
Bestellings kan geplaas word direk by Braam Klopper, per e-pos (info@braamklopper.co.za) of op die volgende telefoonnommer 082 574 3530.

Sluit asb. die volgende inligting by u bestelling in:

  • Naam en Van
  • Adres
  • Naam en kwantiteit van CD/CD's

Het jy geweet dat geen twee mense se stukkendheid en rou dieselfde is nie. Braam vertel ons meer hiervan.

In ons volgende episode, 28 Desember 2022, gesels ons oor die rou proses vanuit die hoek van die een wat rou. Teken dit solank aan.

My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.

Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.

Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.

Jy kan my hier per epos kontak.

People on this episode